Persverklaring Afr


Deuriemikke Karnaval 2011 skop lente af met 'n top internasionale groep en nog baie meer!
 

Jacaranda 94.2 se Deuriemikke Karnaval, in samewerking met kykNET gaan die aarde by SupertSport Park, Centurion laat skud op 17 September 2011 - hierdie keer met Westlife aan boord!
 

Deuriemikke is al telkemaal as 'n groot gunsteling vir die hele familie bewys en bied uitstekende pret en vermaak vir almal.
 

Die hekke maak reeds om 12:00 oop en feesgangers word aangemoedig om vroeg in te gaan om te verseker dat hulle die beste plek moontlik kry om die feestelikheid te geniet saam met:

13:00 Francois van Rensburg (van Dromerlaan faam)
13:45 Elvis Blue
14:30 Lianie May
15:15 Watershed
16:00 Idols Top 4
17:00 The Green Apple Project
17:45 Karen Zoid
18:45 Jakkie Louw
19:45 Steve Hofmeyr
 

Vir die skouspelagtige finale is Westlife om 21:00 aan die beurt, wat die skare in vervoering sal hê, net soos by talle volgepakte konserte regoor die wêreld, met al hulle ou bekendes asook van hulle nuutste liedjies.
 

Alhoewel daar hierdie jaar geen stoele direk voor die verhoog toegelaat word nie, word feesgangers aangemoedig om piekniekmandjies, komberse en stoele saam te bring om al die vermaak op die graswalle in gemak te geniet.
 

Behalwe vir die verhoogvermaak, word daar ook goed gesorg vir die koop-lus met verskeie stalletjies, goed toegeruste kroeë en vir die eetlus is daar burgers, boereworsrolle, pizza, wraps, slushies, biltong, spookasem, roomys en nog baie meer!
 

Aangesien hierdie 'n familie affêre is, spog Deuriemikke Karnaval met 'n kleinspan speel area toegerus met springkastele, pret speletjies asook hul gunsteling TV-karakters, Tjiff & Tjaff - danksy die kykNET/koowee span. Kinders word hier uitgereik met 'n armbandjie waarop ouers se kontakbesonderhede vervat is en professionele oppassers verseker dat ouers die dag kommervry kan geniet.
 

"Deuriemikke is die ideale manier om lente af te skop", se Jacaranda 94.2 woordvoerder, Jenny Griesel. "In ware Jacaranda-styl, bied dit die perfekte kombinasie tussen goeie geselskap, pret en plesier in die son, lekker kos en inkopies, uitstekende Suid-Afrikaanse talent en 'n internasionale skouspel! Dis beslis 'n geleentheid om nie mis te loop nie!"
 

Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by www.ticketbreak.co.za asook by die hekke op die dag.
 

Moet Weet:
Stoele te huur vir die dag is beskikbaar
SuperSport Park is rolstoel-vriendelik met toegang vanaf die gestremde parkeerarea.
 

Verbode items sluit glas, blik, metaal-eetgerei en skerpvoorwerpe in - gebruik eerder plastiek. Drank van buite, sambrele, gazebos en gasbraaiers is ook streng verbode. Piekniekmandjies en stoele word slegs op die graswalle toegelaat.