Persverklaring Afr


Met trots aangebied deur Jacaranda 94.2 en kykNET

Pop-sensasie Westlife gaan die Jacaranda 94.2 Deuriemikke Karnaval betower

Die vyfde Jacaranda 94.2 Deuriemikke Karnaval, in samewerking met kykNET, is op Saterdag 17 September 2011 terug by SuperSport Park Centurion. Ierse Pop-sensasie Westlife neem die voortou by hierdie musiek skouspel wat reeds alom bekend is vir sy gemoedelike en feestelike atmosfeer. Gemeet aan groeplid Markus Feehily se onlangse Tweet; "South Africa we are coming in September baby!" is vanjaar se fees net die ding om die Lente te verwelkom.
 

Aanhangers van Pop-musiek sal op hulle voete bly gedurende optredes deur Steve Hofmeyr, Jakkie Louw, Lianie May asook die 2011 Idols Top 4, terwyl Rock liefhebbers kan uitsien na Karen Zoid, Watershed en 2010 Idols wenner Elvis Blue. Groentjies, The Green Apple Project rond die plaaslike vermaak af.
 

Voel tuis op die fees-gronde wat spog met ʼn kroegarea asook kosstalletjies. Die kleinspan kan in die kinderarea baljaar met speletjies, springkastele en gewilde TV-karakters. Haddad Viljoen, bemarkings- en publisiteitsbestuurder vir kykNET sê: "Dit gaan ‘n fantastiese dag vir die hele gesin wees. Deuriemikke is waar jy wil wees!" Die Jacaranda 94.2 span saai weereens uit vanaf die feesterrein.
 

Bring gerus komberse saam om die skouspel in gemak op die veld, gras wal en paviljoen te geniet aangesien alle sitplekke ongereserveerd is. Hierdie jaar word piekniekmandjies en stoele SLEGS op die wal area om die veld toegelaat. Stoele is ook te huur beskikbaar, maar word nie in die area direk voor die verhoog toegelaat nie - dit bied almal 'n geleentheid om die kunstenaars sonder hindernis te ervaar. Let wel, die volgende items word NIE binne die stadion toegelaat nie: glas; blik; metaal eetgerei (gebruik eerder plastiek); skerp voorwerpe; alkohol van buite; gazebos; sambrele en gasbraaiers.
 

Hekke open om 12:00 en die feestelikhede skop om 13:00 af.
 

Kaartjies:
R250 by www.ticketbreak.co.za
Kinders onder 12 kry gratis toegang!
 

Besoek www.deuriemikke.co.za vir foto's van die 2010 skouspel.
 

Hoëresolusie foto's is beskikbaar op versoek

Media akkreditasie:
Indien jy die dag wil dek, stuur asseblief jou media akkreditasie versoek na robinm@hilltoplive.co.za of tessm@hilltoplive.co.za . Akkreditasie versoeke sluit op 1 September 2011 om 17.00
 

Besonderhede:
Venue: SuperSport Park, hoek van Suidstraat en Wes-laan, Centurion
Datum: Saterdag 17 September 2011
Hoof optrede:
Westlife
Ondersteunende optredes:
The Green Apple Project, Elvis Blue, Lianie May, Idols Top 4, Karen Zoid, Watershed, Jakkie Louw, Steve Hofmeyr
Hekke open 12:00
Optredes begin: 13:00
Kaartjies:
R250 by http://www.ticketbreak.co.za/event_details/1301

Verbode items:
GEEN glas
GEEN blik
GEEN metaal eetgerei (gebruik eerder plastiek)
GEEN skerp voorwerpe
GEEN alkohol van buite
GEEN gazebos
GEEN sambrele
GEEN gasbraaiers
 

The Irish pop stars made up of Kian Egan, Mark Feehily, Nicky Byrne and Shane Filan have released 11 albums and had over 44 million sales to date. The Kings of Balladeers have garnered 14 number one singles in the United Kingdom, the third-highest in UK history making history with their first seven singles going straight to number 1 and going on to sell over 44 million records worldwide. The Official Charts Company announced that Westlife is the second biggest selling artist and biggest selling band of the decade beating Coldplay in the UK with their 11million album sales.
Borge:
Jacaranda 94.2
kykNET
Hilltop Live
 

Skakels:
Deuriemikke Karnaval amptelike webwerf www.deuriemikke.co.za
Westlife www.Westlife.com
Steve Hofmeyr www.stevehofmeyr.co.za
Jakkie Louw www.jakkielouw.co.za
Lianie May www.lianiemay.co.za
Karen Zoid www.karenzoid.co.za
Watershed www.watershed.co.za
Elvis Blue www.elvisblue.co.za
Idols www.dstv.com/mnet/idolssa