Lianie May
Lianie May se debuutalbum, Vergeet My Nie, is in September 2007 vrygestel en was een van die groot suksesverhale in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf in 2008. Dit het gespog met verkope van meer as 120 000 en Lianie het verskeie toekennings gewen onder meer die Tempo-toekenning as gunstelinge nuweling én beste popalbum. Die grootste toekenning was egter toe dit in 2009 die Sama-prys as topverkoper in die Suid-Afrika oor alle genres gewen het, `n merkwaardige prestasie vir `n debuutalbum.
Ná `n Kerfees-album, wat baie goed ontvang is, is Lianie se volgende album, Boeremeisie, vrygestel. Dit het gesorg vir `n hele paar treffers soos Honey Honey, Skooljare, Dans Met My Baby en Die Een Wat Jy Wil Hê. In 2010 en 2011 het Lianie en Jay, die gewilde voormalige lid van die groep Eden en deesdae baie suksesvolle solokunstenaar, twee reuse treffers gehad met die duette In a Moment Like This en Toe Stop My Hart.
Haar nuwe album, Lank Lewe die Liefde, is in Julie 2011 vrygestel en bevat ‘n paar seker treffers. Daar is vier duette met Jay en nuwe liedjies vir haar geskryf deur Johan Vorster, Sean Else en Riana Nel. Hierdie album beloof om net so `n groot treffer as haar vorige albums te wees.
Lianie maak in November 2011 haar debuut as aktrise in die Afrikaanse rolprent Platteland waar sy die silwerdoek met groot name soos Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld en Jay deel.
Lianie is ‘n boorling van Oranjeville en sang was nog altyd haar groot liefde. Dit het egter jare se geduld en deursettingsvermoë geneem en sy het eers op 30-jarige ouderdom haar debuutalbum vrygestel ná Sean Else en Johan Vorster van Mozi Records haar ontdek het.
Lianie May is een van Suid-Afrika en Afrikaanse musiek se hardwerkendste en besigste kunstenaars en sy toer die land vol waar sy voor vol sale optree. Sy is besonder gewilde onder haar aanhangers en iemand van wie daar in jare nog baie gehoor gaan word.
Eerste Persvrystelling:
LIANIE MAY gaan die wêreld aan die brand sing met haar ongelooflike stem en emosionele interpretasie van splinternuwe Afrikaanse treffers uit die skrywers pen van JOHAN VORSTER, SEAN ELSE (DE LA REY, 68 CHEVY, HABANA!, IS JY BANG (EDEN), EN VELE MEER) en LIANIE MAY wat self 'n paar van die liedjies geskryf het...
Luister uit vir die eerste single van die CD, die hartroerende titel snit, VERGEET MY NIE, wat die hartseer en pyn deel van wanneer 'n mens 'n geliefde verloor. SEAN ELSE (wat DE LE REY se musiek video geskiet het) het 'n roerende video geskiet vir die lied, en sal binnekort op die skerms begin draai.
Die res van die CD is gevul met treffers van alle soort, liedjies wat die tone laat wikkel soos BOEREVRY, BEL, BEL, BEL, EK KOM HUIS TOE, liedjies wat die hartsnare roer soos, JY SOEN MY NIE MEER NIE, LOS MY NIE ALLEEN NIE, VROU STAAN BY HAAR MAN, SOMERREËN, selfs liedjies wat dinge van oud onthou soos, TOE 'N TWEE RAND NOG 'N TWEE RAND WAS. Daar is ook twee DOLLY PARTON treffers op wat die mense sal terug neem na 'n ander tyd en plek en natuurlik is daar 'n vuurwarm BELINDA CARLISLE MEDLEY en 'n kragtige treffer van die groep HEART...WILL YOU BE THERE IN THE MORNING.
LIANIE MAY se musiek herinner mens baie aan SHANIA TWAIN en DOLLY PARTON. Dis gevul met pragtige sterk melodie, vleiende harmonie wat gedryf word deur stewige lewendige kitare en instrumente. Dis 'n CD wat jy opsit en deur luister tot die einde...en dan maar weer en weer herhaal!
Boeremeisie Album - Lianie May se langverwagte nuwe album is hier en dit beloof om alle verwagtinge te oortref. Lianie se vorige album was `n wegholsukses en het die Sama-toekenning gewen in die gesogte kategorie TOPVERKOPER VAN DIE JAAR. Die nuwe album volg warm in die voetspore van die country/pop-genre waarin hierdie talentvolle sangeres haar debuut op VERGEET MY NIE (waarvan meer as 120 000 eenhede verkoop is), gemaak het. Die nuwe album is weer propvol liedjies wat besliste treffers gaan wees!
Vegeet my nie (Album) - gaan sonder twyfel Lianie se reputasie as een van die grootste name in Suid-Afrikaanse musiek bevestig!
LIANIE MAY...is hier om te bly!






