Francois van Rensburg
Francois van Rensburg se debuutalbum DROMERLAAN is pas uitgereik deur Electromode Music wat ook spog met Die Heuwels Fantasties, Jack Parow en Dr Victor op hul kerfstok. Die oorspronklike Afrikaanse album spog met ‘n vars klank waaraan Francois grotendeels self geskryf het met die hulp van Wouter van de Venter wat ook die vervaardiger was. Sy liedjie Rondomtalie is deur Country sangeres Cheree opgeneem en Francois se weergawe hiervan sorg ook tans vir ‘n gegons in die bedryf. Dit is saam sy baie gewilde liedjie Sunja gereeld te hoor op verskeie radio stasies landswyd. Sy musiek is ook vir meer as 10 weke deel van Radio Weskus se Afrikaanse Top 10. Die musiekvideo’s van hierdie 2 liedjies is baie gewild op Youtube en was ook al te sien op KykNET. ‘n Verrassing op die album is die oorspronklike duet saam met Coenie de Villiers getiteld Toe ons klein was.
Francois is op verkseie maniere aktief betrokke in die plaaslike vermaaklikheidsbedryf. Hy vertolk sedert 2009 die rol van Vincent de Wahl in Ratels op RSG. Dit is Suid-Afrika se enigste jeugvervolgverhaal en spog reeds met opnames van meer as eenhonderd episodes. Dit is egter nie die eerste keer wat Francois met radio in aanraking gekom het nie. Reeds in graad 12 het hy sy eie radioprogram aangebied waarin hy onderhoude met kunstenaars soos Sonja Herholdt, Kurt Darren en Laurika Rauch gevoer het.
Sedert 2007 voltooi hy twee televisie- en dramakursusse onder leiding van Brümilda van Rensburg.
Na sy eerste jaar as dramastudent aan die Universiteit van Pretoria, word hy gekies as Roadshow-aanbieder vir KOOWEE (KykNET) se kinderproduksie Lappies.
Hy is tans deel van die uiters gewilde musikale verhoogproduksie TREE AAN! deur Deon Opperman wat vanaf Oktober 2011 terugkeer vir ‘n 2de seisoen. 18 300 mense het reeds die produksie gesien, en die 2de seisoen daarvan is weereens te sien in die Staatsteater, Pretoria – die keer in die groot Opera-teater.
Francois tree verder gereeld op by verskeie liefdadigheidsgeleenthede wat onder andere insluit: Solidariteit Helpende Hand, CANSA en ook ander plaaslike organisasies/projekte.
DROMERLAAN word einde Augustus op KykNet se DKNT bekendgestel en Francois sal ook vroeg volgende jaar op die program te sien wees vir sy eerste TV-onderhoud op die kanaal.
Links:
Sunja musiekvideo: http://www.youtube.com/user/FrancoisvanRens#p/a/u/1/WEQF7Umq7oI
Rondomtalie musiekvideo: http://www.youtube.com/watch?v=Z_9qfR0SnQo
‘Francois van Rensburg Musiek’ op Facebook: http://www.facebook.com/francoisvanrensburgmusiek
Kontak:
Vir navrae kontak Mariska: mariska@electromode.co.za
Besprekings, Anita: anita@bluedivision.co.za
E-pos Francois by: francois247@gmail.com / Twitter: @FrancoisvRens






